top of page

ELOFF & DIE PIESANGSKILLE STEL SAAM NUWE ENKELSNIT VRY!

Eloff en Die Piesangskille het baie vinnig groot opskudding gemaak in die Afrikaanse musiekbedryf met treffers soos “Johnnie Blou”, “Witblits”, “Koue Kole” (Eloff) en “Inge 2”, “Haar Naam Was Somer” en “Diepseeduiker” (Die Piesangskille).

 

Nou het Eloff en Die Piesangskille besluit om saam ‘n enkelsnit vry te stel wat hulle



aanhangers beslis gaan verras, “Groeipyne”!

 

“Groeipyne” is geskryf en vervaardig deur Hugo Ludik en Nicholas Jordaan van Muse Studios en gaan op ‘n tong-in-die-kies manier oor die pyne waardeur ‘n pa gaan wanneer sy kinders te vinnig groot word.

 

So maak gereed vir ‘n liedjie wat beslis op jou playlist gaan beland of ‘n hele paar keer gespeel sal word by ‘n lekker kuier of braai.


0 comments

Comments


bottom of page