top of page

FLUIT FLUIT, JAN-MATTYS SE STORIE IS NIE UIT NIE!

Blou oë, gedurig in die gym en ‘n stem wat skrik vir niks. Jan-Mattys gaan ‘n hele paar meisies se knieë lam maak. Veral met sy nuwe enkelsnit “Fluit Fluit” wat nou beskikbaar is.

 

Jy ken hom dalk van “Die Kontrak” seisoen 3 maar nou gaan jy Jan-Matthys hoor soos nog nooit te vore nie.

 

Jan-Mattys het “Fluit Fluit” geskryf saam met Emil Paul (Hartbreek – Demi Lee Moore) en Duncan Laubscher.

 

Ek het ‘n melodie met ‘n fluit begin en my vriend, Emil het gedink dit sal goed werk in ‘n liedjie” – vertel Jan-Mattys.

 

Kort daarna sluit hy ‘n platekontrak met Select Musiek (‘n afdeling van Sony Music Entertainment) en is hy ateljee toe waar Hugo Ludik (Muse Studios) die liedjie na lewe gebring het.

 

Jan-Mattys, ook voorheen deel van die groep “Tussen Sterre”, het vanjaar sy solo-buiging gemaak by Innibos op die hoofverhoog gedurende die Jacaranda FM-konsert.

 

Jy weet nooit wanneer die liefde van jou lewe opdaag nie. Hy of sy is dalk net ‘n fluit weg om die draai” – Jan-Mattys.


 



0 comments

Comentarios


bottom of page