top of page

GENIET MEER AS ‘N ‘KLEIN BIETJIE’ VAN TAMLYN WESSELS!

Tamlyn Wessels het ‘n siekte (Guillain Barré sindroom) wat haar verlam gelaat het oorwin en nou jaag sy haar musiekdrome na. Sy span kragte saam met Select Musiek en is super opgewonde oor haar nuwe enkelsnit “Klein Bietjie” wat nou beskikbaar is. 


Klein Bietjie” gaan oor twee mense wat mekaar vir die eerste keer sien by ‘n dansvloer en te skaam is om mekaar te vra vir ‘n dans. Uiteindelik besluit die meisie sy het lank genoeg gewag vir die ou om haar te vra vir ‘n dans en gaan vra hom self. Maar sy het dalk nog ‘n klein bietjie wyn nodig om braaf te genoeg te wees.

“Ek dink die liedjie bring iets nuut in die sokkie genre omdat dit die meisies aanmoedig om dinge in eie hande te neem en braaf genoeg te wees om soms ook seuns te vra om te dans. Ek is beslis ‘n kansvatter so die liedjie pas goed by my persoonlikheid”, vertel Tamlyn.

 

Hierdie jong, moderne pop-country liedjie is geskryf deur Tamlyn en Emil Paul. Die liedjie is vervaardig deur Rian Swanepoel van RS Studios en perfek vir die dansvloer.

 

“Klein Bietjie” leen ook die koor van Anton Goosen se bekende treffer “Klein Bietjie Wyn” wat dié liedjie van die begin af bekend laat voel.

 

Hou dop, Tamlyn Wessels gaan baie meer as ‘n “Klein Bietjie” golwe maak.



VIR MEDIA NAVRAE

0 comments

Kommentare


bottom of page