top of page

NOLENE DUIK IN SOLO-WATERS IN MET HAAR AANSTEKLIKE SOKKIE ENKELSNIT, 'HOU BENE HOU'.


Nolene from the group "Reën"

Maak gereed om te beweeg! Nolene, van die gewilde Afrikaanse duo Reën, breek op haar eie uit met haar eerste solo-enkelsnit, Hou Bene Hou wat nou beskikbaar is op alles digitale platforms.

 

Dis ‘n romantiese storie van liefde, uithou en aanhou en vertel wat sommige mense sal doen om ‘n spesiale persoon se oog te vang. Al beteken dit om die dansvloer met twee linkervoete aan te durf.

Nolene het ‘Hou Bene Hou’ saam met die formidabele liedjieskryf- en vervaardigerspan Muse Productions (Hugo Ludick & Nick Jordaan) ook verantwoordelik vir treffers: “Vlerke”, “Johnnie Blou” en “Koue kole” geskryf.

Saamsing melodieë, eerlike lirieke en Nolene se vuurwarm stem waarborg dat sokkie-liefhebbers en dié wat nog leer dans die dansvloer sal vol maak sodra hulle die eerste noot hoor.

 

Hou maar dop, jy gaan nog baie van haar hoor!


Vir Meer Inligting:

0 comments

Comments


bottom of page